Johannes Adolf Kleinhans IV

Johannes was gebore op 28 Augustes 1965 op Bethlehem en trou op 28 Januarie 1989 in die Paarl met Anna Petronella (Anneke) (neé Geldenhuys) wat gebore is op 21 Februarie 1967. Sy is die dogter van wyle Dawid Antonie Krynauw (Dawie) Geldenhuys gebore op 31 Januarie 1922 en oorlede op 8 Augustus 1994. Haar moeder is wyle Beatrix Hendrina (Exbe) (neé Kotze) wat gebore is op 25 Junie 1930 en oorlede is in 2013. Bestudeer gerus die stamboom vir sy onmiddellike gesinslede.

Hy begin sy skoolloopbaan in Bloemfontein by Tjokkies (Laerskool Universitas) tem standerd 3. Hierna verhuis hulle na Port Elizabeth en is hy vir 2 jaar in Laerskool Lorraine. In 1978 verhuis hulle na Worcester en voltooi hy sy laerskool loopbaan by die Laerskool Worcester Oos. Sy hoërskool loopbaan was voltooi te Hoërskool Montana. Na skool was hy 2 jaar in die marinierskorps en verrig sy grensdiens in die Caprivi. Tersiêre studies was hierna aan die beurt en hy voltooi 'n 3 jaar kursus in Bemarkings en Verkoops bestuur te Tygerberg Tegniese kollege. In 1989 sluit hy hom aan by die familie saak wat sy vader in 1978 gevestig het. In 1998 neem hy die bestuur van die onderneming oor nadat sy pa afgetree het en hom op Jeffreysbaai gaan vestig het.

Uit sy huwelik met Anneke het 3 kinders die lewenslig aanskou. Anke is die oudste, daarna die vyfde opeenvolgende naamsgenoot-nageslag Adolf wat gevolg was deur Tína. Buiten die kinders is daar ook die Staffies. Eers was daar Mandor, toe Tara, weer 'n Mandor en tans is dit Brutus.

Hierdie gesin koester 'n besondere plekkie vir die natuur en vandat Adolf 8 maande oud was het hulle feitlik die hele Suidelike Afrika deurkruis en gekamp. Wanneer hulle egter nie in die bos is nie is hulle op die water. Die gesin het 'n liefde vir kamp en wanneer hulle nie in die bos is nie is hulle langs die dam.

Kyk so bietjie saam met hulle terug na die plekke wat besoek was. Gebruik hierdie foto gids om saam met hulle die herinneringe te herroep of volg op Facebook

Kontak ons

Indien jy 'n Kleinhans is of aangetroud is tot een, gesels met ons indien u 'n koppeling verlang vanaf hierdie webblad.

johannes@kleinhans.org.za

Template Settings
Select color sample for all parameters
Red Green Blue Gray
Background Color
Text Color
Google Font
Body Font-size
Body Font-family
Scroll to top