Johannes Adolf III

 

Boetie, soos hy onder die familie bekend is, is gebore op 14 Februarie 1942 te Jansenville en trou op 28 Desember 1963 op Oudtshoorn met Johanna Susanna (neé Boshoff). Sy is gebore op 17 Februarie 1942 op Patterson. Joan is die dogter van Andries Jonathan Boshoff, gebore op 9 Oktober 1906 wat oorlede is op 22 Desember 1961 . Joan se moeder Maria Magdalena (Maud) (neé Olivier) was gebore op 24 Junie 1912 en is oorlede op 31 Mei 1981. Bestudeer die stamboom vir sy onmiddellike gesinslede.

Kleintjie, soos hy onder sy vriende bekendstaan, bly sedert 1998 saam met Joan op Jeffreysbaai. Hulle het 3 kinders. Johannes(iv), Marietjie en Tertius. Marietjie is getroud met Gerhard en Tertius is getroud met Anmarie.

Kleintjie is op 14 Mei 2015 nadat hy in Februarie 2015 met breinkanker gediagnoseer was, oorlede. Sy sarkofaag is opgerig aan die voetenent van sy vader en moeder se graf, te Kwagga, Patensie.

Kontak ons

Indien jy 'n Kleinhans is of aangetroud is tot een, gesels met ons indien u 'n koppeling verlang vanaf hierdie webblad.

johannes@kleinhans.org.za

Template Settings
Select color sample for all parameters
Red Green Blue Gray
Background Color
Text Color
Google Font
Body Font-size
Body Font-family
Scroll to top